AKIRA SOLAR TERMS & CONDITIONS Installers of custom, quality solar solutions

English

Afrikaans

  • AKIRA SOLAR TERMS & CONDITIONS

    1. Quote is valid for 14 days from date of quote and as long as stock is available.
    2. Quotation is subject to change before the deposit has been paid if exchange rates change or if quoted material becomes unavailable. If the quote changes, it remains the Client’s choice to accept the modified quote or not.
    3. Customer accepts Akira Solar’s quote by signing each page of the quote and emailing it to Akira Solar, alternatively by paying the deposit as per the quote. Deposit is payable upon acceptance of the quotation.
    4. Materials and/or labor are only arranged/ordered/purchased after the deposit has been received by Akira Solar.
    5. Balance of fees is payable no later than 10 days after installation is completed.
    6. All materials remain the property of Akira Solar until Akira Solar is paid in full.
    7. Client hereby irrevocably authorises Akira Solar to enter the installation site and take possession of and remove all installed material if outstanding balance is not paid within 10 days of completion.  Akira Solar can also, on discretion of Akira Solar, turn off the system until the Akira Solar is paid in full.
    8. Although Akira Solar takes all reasonable steps to deliver the material and/or labour at the agreed time, circumstances may arise over which Akira Solar has no control, for example suppliers who cannot deliver, disease, bad weather, riots, etc.  Client indemnifies Akira Solar from any and all liability for material and/or labour rendered late, or not at all, due to circumstances beyond Akira Solar’s control.
    9. If materials or services cannot be rendered at all, the already paid deposit is refunded to Client minus an administration fee calculated at 1% of the quote amount.
    10. The risk of damage, loss, injury and death regarding material passes on to the Client as soon as the material has been delivered to the installation site.
    11. If the directive to provide material and/or labour is cancelled by the Client after the quotation has been accepted, Akira Solar will attempt to return some of the material to the suppliers for a credit. If the material is not taken back by the supplier for credit (in whole or in part), the Client remains liable for payment of any fees charged by a supplier, as well as for materials not taken back by supplier. A cancellation fee amounting to 5% of the quote amount is payable to Akira Solar in case of cancellation after the quote has been accepted.
    12. Client hereby gives permission to Akira Solar to place advertising signs on, or at, the premises where the installation will take place, or has taken place, from acceptance of the quotation by the Client to a period of 60 days after completion of the work.
    13. The Client hereby consents that his/her information can be processed by Akira Solar in terms of the Protection of Personal Information Act (the “Popi” Act). This specifically includes allowing Akira Solar to monitor the installed system in any way, take photos of it for marketing and research purposes, etc.
    14. Client undertakes not to set or modify the system as installed, set up and / or programmed, by Akira Solar, as it may impair the operation and/or security of the system. It can also jeopardize guarantees. Client may also not allow anyone else to set or change the system.
    15. If someone other than Akira Solar set, modify or program the system as installed Akira, the Client indemnify Akira Solar from any liability for damage, loss, injury or death.
    16. Akira will handle queries regarding the installed system for free for 10 days after completion of installation. After 10 days, a fee for further enquiries or exclamation is payable.
    17. Any errors or problems with the system should be communicated to Akira Solar immediately via email, sms or WhatsApp. Akira will correct errors or problems with the system at Akira Solar’s expense as soon as possible, if errors or problems were caused by Akira Solar. If the errors or problems were not caused by Akira Solar, Akira Solar can fix it for an agreed fee.
    18. If errors or problems are not immediately communicated to Akira Solar, the Client indemnifies Akira Solar from any liability for damage, loss, injury or death.
    19. In case of disputes, the Client and Akira Solar must first try to resolve the disputes through mediation before litigation may be entered into.
    20. Akira Solar usually makes recommendations on what Akira Solar considers the best system for Client. It is the Client’s choice whether or not to accept Akira Solar’s recommendation.  However, if Client does not accept Akira Solar’s recommendations, Client indemnifies Akira Solar from any liability for damage, loss, injury or death should the system not meet Customer’s requirements/needs.
    21. Errors with the installation site’s existing wiring can be fixed by Akira Solar for a further agreed fee / per quote.  Fixing faulty wiring on the installation site is not part of Akira Solar’s quote because faulty wiring usually only comes to light after installation has started. Faulty wiring and fixing the faulty wiring can also lead to delaying the completion of the installation and this can increase the Client’s costs.
    22. Client confirms that he/she understands and accepts that solar power systems (any solar system) have a limited lifespan and that the lifespan depends on several factors.
    23. It is recommended that Client insure the solar system.
    24. Client confirms that he/she understands and accepts that the technology of solar power systems is constantly changing and renewing.
    25. It is highly recommended that Client preserve all documentation and information regarding the solar power system for future use. For insurance purposes and to hand over to successive owners of the property should the property be sold.
    26. Client confirms that he/she understands and accepts that warranties on equipment/materials are given by its manufacturers and not by Akira Solar.  Akira Solar gives 6 months warranty on craftsmanship of the installation.
    27. Client confirms that he/she understands and accepts that regular maintenance on solar power systems is desirable for optimal operation. Regular maintenance is also increasingly becoming a requirement for purposes of insurance. A maintenance agreement with Akira Solar is highly recommended.

     

    Download Terms & Conditions

  • AKIRA SOLAR TERME & VOORWAARDES

    1. Kwotasie is geldig vir 14 dae vanaf datum van kwotasie en solank voorraad beskikbaar is.
    2. Kwotasie is onderhewig aan verandering voordat die deposito betaal is indien wisselkoerse verander of indien gekwoteerde materiaal onbeskikbaar raak. Indien die kwotasie verander bly dit die Kliënt se keuse om die gewysigde kwotasie te aanvaar al dan nie.
    3. Kliënt aanvaar Akira Solar se kwotasie deur elke bladsy van die kwotasie te onderteken en aan Akira Solar epos, alternatiewelik deur die deposito soos per die kwotasie te betaal. Deposito is betaalbaar met aanvaarding van die kwotasie.
    4. Materiaal en / of arbeid word eers gereël / bestel / aangekoop nadat die deposito deur Akira Solar ontvang is.
    5. Balans van gelde is betaalbaar nie later nie as 10 dae na installasie afgehandel is.
    6. Alle materiaal bly die eiendom van Akira Solar totdat Akira Solar ten volle betaal is.
    7. Kliënt gee hiermee onherroeplik magtiging aan Akira Solar om die installasieperseel te betree en die materiaal in besit te neem en te verwyder indien uitstaande balans nie betaal word binne 10 dae na afhandeling nie. Akira Solar kan ook na Akira Solar se keuse die stelsel afsit totdat die Akira Solar ten volle betaal is.
    8. Hoewel Akira Solar alle redelike stappe neem om die materiaal en/of arbeid op die ooreengekome tyd te lewer, mag daar omstandighede ontstaan waaroor Akira Solar nie beheer het nie, byvoorbeeld verskaffers wat nie kan lewer nie, siekte, slegte weer, onluste, ens. Kliënt vrywaar Akira Solar van enige en alle aanspreeklikheid vir materiaal en/of arbeid wat laat, of glad nie, gelewer word nie a.g.v. omstandighede buite Akira Solar se beheer.
    9. Indien materiaal of dienste glad nie gelewer kan word nie, word die reeds betaalde deposito aan Kliënt terugbetaal minus ‘n administrasiefooi bereken op 1% van die kwotasiebedrag.
    10. Risiko t.o.v. die materiaal rakende skade, verlies, besering en dood gaan op die Kliënt oor sodra die materiaal op die installasieperseel gelewer is.
    11. Indien die opdrag om materiaal en/of arbeid te lewer deur die Kliënt gekanselleer word nadat die kwotasie aanvaar is, sal Akira Solar probeer om van die materiaal aan die verskaffers terug te gee vir ‘n krediet. Indien die materiaal nie deur die verskaffer vir krediet (geheel of gedeeltelik) teruggeneem word nie, bly die Kliënt aanspreeklik vir betaling van enige fooie deur ‘n verskaffer gehef, asook vir materiaal wat nie deur verskaffer teruggeneem word nie. ‘n Kansellasiefooi ten bedrae van 5% van die kwotasiebedrag is aan Akira Solar betaalbaar in geval van kansellasie nadat die kwotasie aanvaar is.
    12. Kliënt gee hiermee toestemming aan Akira Solar om advertensies op, of by, die perseel waar die installasie gaan plaasvind, of plaasgevind het, aan te bring, vanaf aanvaarding van die kwotasie deur die Kliënt tot ‘n periode van 60 dae na afhandeling van die werk.
    13. Die Kliënt gee hiermee toestemming dat sy inligting ingevolge die wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (“Popi”-wet) deur Akira Solar geprosesseer kan word t.o.v. die dienste wat Akira Solar aan Kliënt lewer. Dit sluit spesifiek in dat Akira Solar die geïnstalleerde stelsel op enige wyse kan moniteer, fotos daarvan kan neem vir o.a. bemarkings- en navorsingsdoeleindes, ens.
    14. Kliënt onderneem om nie aan die stelsel soos deur Akira Solar geïnstalleer, opgestel en geprogrammeer, te stel of te verander nie, synde dit die werking en / of die veiligheid van die stelsel kan benadeel. Dit kan ook waarborge in gedrang bring. Kliënt mag ook nie toelaat dat enigiemand anders aan die stelsel te stel of verander nie.
    15. Indien iemand anders as Akira Solar aan die stelsel soos deur Akira geïnstalleer, opgestel en geprogrammeer, verander of stel, vrywaar die Kliënt Akira Solar van enige aanspreeklikheid vir skade, verlies, besering of dood.
    16. Akira sal navrae t.o.v. die geïnstalleerde stelsel vir 10 dae na afhandeling van installasie gratis hanteer. Na 10 dae is ‘n fooi vir verdere navrae of uitroep betaalbaar.
    17. Enige foute of probleme met die stelsel moet onmiddellik per epos, sms of WhatsApp aan Akira Solar gekommunikeer word. Akira sal so spoedig prakties moontlik foute of probleme met die stelsel regstel op Akira Solar se koste, indien foute of probleme deur Akira Solar veroorsaak is. As die foute of probleme nie deur Akira Solar veroorsaak is nie, kan Akira Solar dit regstel teen ʼn ooreengekome fooi.
    18. Indien foute of probleme nie onmiddellik aan Akira Solar gekommunikeer word nie, vrywaar die Kliënt Akira Solar van enige aanspreeklikheid vir skade, verlies, besering of dood.
    19. Ingeval van dispute, moet die Kliënt en Akira Solar die dispute eers deur mediasie probeer oplos, voordat tot litigasie oorgegaan mag word.
    20. Akira Solar maak gewoonlik aanbevelings oor wat Akira Solar as die beste stelsel vir Kliënt beskou. Dit is die Kliënt se keuse of hy/sy Akira Solar se aanbeveling wil aanvaar of nie. As Kliënt egter nie Akira Solar se aanbevelings aanvaar nie, vrywaar Kliënt Akira Solar van enige aanspreeklikheid vir skade, verlies, besering of dood sou die stelsel nie aan Kliënt se vereistes / behoefte voldoen nie.
    21. Foute met die installasieperseel se bestaande bedrading kan deur Akira Solar reggemaak word teen ‘n verdere ooreengekome fooi / per kwotasie. Regmaak van foutiewe bedrading op die installasieperseel is nie deel van Akira Solar se kwotasie nie synde foutiewe bedrading gewoonlik eers aan die lig kom nadat met installasie begin is. Foutiewe bedrading en die regmaak van die foutiewe bedrading kan ook daartoe lei dat die afhandeling van die installasie vertraag word en dit kan die Kliënt se koste verhoog.
    22. Kliënt bevestig dat hy/sy verstaan en aanvaar dat sonkragstelsels (enige sonkrag-stelsel) ʼn beperkte lewensduur het en dat die lewensduur van verskeie faktore afhanklik is.
    23. Dit word aanbeveel dat Kliënt die sonkragstelsel verseker.
    24. Kliënt bevestig dat hy/sy verstaan en aanvaar dat sonkragstelsels se tegnologie voordurend verander en vernuwe.
    25. Dit word aanbeveel dat Kliënt alle dokumentasie en inligting rakende die sonkragstelsel bewaar vir toekomstige gebruik. O.a. vir versekeringsdoeleindes en om aan opvolgende eienaars van die eiendom te oorhandig sou die eiendom verkoop word.
    26. Kliënt bevestig dat hy/sy verstaan en aanvaar dat waarborge op toerusting / materiaal deur die vervaardigers daarvan gegee word en nie deur Akira Solar nie. Akira Solar gee 6 maande waarborg op vakmanskap van die installasie.
    27. Kliënt bevestig dat hy/sy verstaan en aanvaar dat gereelde onderhoud op sonkragstelsels wenslik is vir optimale werking. Gereelde onderhoud word ook toenemend ʼn vereiste vir doeleindes van versekering. ʼn Onderhoudsooreenkoms met Akira Solar word sterk aanbeveel.

     

    Laai Terme & Voorwaardes af